Bestanddele:
Chicken wings
Bloukaas
Griekse jogurt
Room
Sout van die Aarde
Olie
Suurlemoen
Sous / Hennie’s Bietjie Byt sous
Houers:
Pan
Bakkie
Stappe:
- Sny die elembogie van elke wing af.
- Maak jou pan nat met bietjie olie.
- Pak die vlerke in jou pan.
- Gee bietjie sout van die Aarde – die nederigste van al die speserye.
- Sit hom in die oond vir 10 min- 180 ºC
Sous:
- Breek die puntjie van die bloukaas af en plaas hom in ’n bakkie.
- “Vervurk” of verf.. die blou kaas.
- Voeg bietjie suurlemoen sap by.
- Vervurk hom weer.
- Gooi jou jogurt, room & sout by.
- Meng mooi
Vlerkies:
- Gooi Bietjie Byt sous op die vlerkies.
- Meng die sous saam die vlerkies.
- Plaas hom weer in die oond vir 10 min- – 180 ºC
Chicken wings Boys & Poppe!