Episode 8

Tornado…Scheislfh?

  • Bestanddele:
  • Gekapte eie (half ei)
  • Botter
  • Mushrooms (Klaar gesny)
  • Wit wyn (koppie)
  • Rooi wyn (3/4 koppie)
  • Tomato paste (3 Theelepels)
  • Fillet Steak (400/500g)
  • Jelly beef stock  

 

  • Braai jou fillet:
  • Lekke boys! Ons begin, olie die braai pan en kry die pan op hitte todat hy begin stoom.
  • Gooi jou lekker stukkie fillet in die pan en dan los jy hom tot hy self los kom van die pan af en dan draai jy vir hom op sy ander kant.
  • Nadat die steakie nou mooi op sy rug en pens gebraai het, laat hom ook mooi kleur vang op sy sye.
  • Braai hom tot hy lekker rare is. (Jy wil nou nie hê die die koei moet 2 keer in sy lewe vrek nie)
  • Haal jou fillet dan uit die pan en laat hom op die kantlyn lekker rus terwyl jy die sous aanmekaar slaan.

 

  • Fillet sous:
  • Botter jou pan (kap sommer die selfde pan waarin jy die steak in gebraai het) 
  • Gooi jou gekapte eie in en braai hulle so vinnig vinnig, vir so 30 sekondes.
  • Stoot dan jou mushrooms in en laat hulle ook so vinnig gesels voordat jy die koppie wit en 3/4 koppie rooi wyn in stoot.
  • Lat jou sous/wyn storie nou lekker op kook in die pan vir so min of twee en dan gooi jy jou Jelly stock by.
  • Laastens gooi jou tomato paste by en laat alles mooi bemekaar kook, gooi dan ook so 5 botter blokkies by en laat hulle lekker insmelt.
  • Looi dan jou uitgeruste fillet weer in die pan in ,sommer so bo op die sous en laat jou steak lekker deur warm word.
  • Skep hom in `n mooi bord in en gooi `n kakkiebos of `n ding bo-op sodat jou girl of skoon ouers kan dink jy weet wat jy doen.