Episode 2

Pasta vir jou pop:


* Bestanddele:
- 3 Groot eiers
- 300g Meel (100g meel per eier)
- Botter
- ’n Halwe ui
- ’n Halwe garlic
- Mushroom
- Parma ham/gewoone ham
- Kaas
- 1 Koppie Room
- 3 Theelepels olyfolie

* Pasta:
- Orait boys, kry vir jou ’n lekker meng bak en stoot 3 koppies meel daarin.
- Maak dan met jou hande ’n lekker gaatje in die middle van die bak meel.
- Breek dan 3 eiers in ’n klein bakkie en klits hom lekker sodat alles mooi meng. Gooi dan die scramble eier mix in die middle van die meel in die mengbak.
- Gooi dan so 3 Theelepels Olyfolie by die meel/eier storie. En dan meng jy vir hom sommer met jou hande.
- Meng en knie jou pasta deegie todat hy Tropika Smooth is.
- Maak jou deegie dan mooi in ’n balletjie, en maak hom toe met sobietjie glad wrap of met ’n klam lappie. Sit jou balletjie dan vir 30min in die yskas sodat hy lekker kan rus.
- As hy nou klaar gerus het, knie dan weer bietjie jou deegie en hou jou werksoppervlakte goed gemeel mense. Begin jou deegie plat te druk met jou hande sodat ons kan begin rol.
- Rol dan jou deegie goed uit met n koek roller of lê wyn bottel. (maak seker jou koek roller of wynbottel is goed gemeel)
- Noudat hy amper soos ’n pizza lyk, vat jy die deeg en rol hom op soos jy n pannekoek sal oprol.
- Sny dan nou jou panekoek deeg storie in 1cm skywe op, en roll daai skywe uit.
- Bring ’n pot water tot op kook, sit genoeg sout by jou kook water en gooi jou pasta deeg strips in.
- Laat kook vir 2min

* Sous:
- Kap ’n paar mushroompies, ’n halwe garlic & ’n halwe ui in lekker skywe.
- Botter dan vir jou ’n pan en gooi jou uie, garlic en laaste die mushroompies in.
- As die geure begin praat in daai pan, gooi dan so bietjie seasoning by en dan ook jou koppie room.
- Laat die sous ’n bietjie prit en duk word. En as die dinge begin goed lyk, gooi jy nou die gaar pasta in jou sous pan in. Meng alles lekker en dan piets jy hom!