Episode 13

Hoender Pasty:

  • Bestandele:
  • Hoenderborsies 2
  • Room
  • Wit sous (gemaak met meel, melk en botter) of bechemel sous
  • Puff Pastry
  • 1 eier
  • eie 

 

 

  • Pie:
  • Orait Boys! Begin om jou eie gaar te maak in ’n pan en stoot dit dan in ’n lekker groot meng bak in, saam met jou oorskiet braaihoender wat in stukkies gesny is, of jy kan sommer so vinnig vir jou so 2 chicken breast gaan maak en op chop.
  • Stoot dan ook jou wit sousie of bechemel sousie in die meng bak. Gooi net so 1/2 koppie in (jy wil nie hê die storie moet te pap wees nie)
  • Saam jou wit sousie gooi vir jou dan so bietjie room ook in vars van die speen (so 2 eetlepels)
  • Gooi dan ook vir jou sout & pepper by en enige ander spices en kak wat jy laik
  • Meng die storie nou goed deurmekaar en skep alles mooi in ‘n blik bekker of klein bakkie of n ding wat oond toe kan gaan. Maak jou bekker vol dat daar ten ten minste so 5cm spasie oor is in jou bekker.
  • Volgende sit ons vir hom n deksel op. Vat jou vierkant stukkie puff pastry bo-op jou bekker en druk hom goed vas teen die rante van jou bekker.
  • Nou voordat jy hom nou oond toe vat, kort die storie nou ‘n bietjie gel. Smeer jou puff pastry met ’n eier wit en geel mengsel, en dat vat jy hom oond toe vir 20 -25 min op 180 grade maar hou hom dop boys!