Episode 11

Pony Perske:

  • Bestandele:
  • 2 Perskes
  • Botter
  • Mascarpone kaas
  • Vanilla extract 1/2 teelepel
  • Stawberrys
  • Heuning
  • Gekrummelde neute

 

 

  • Perse:

Lekker boys, vandag leer ons julle hoe om perskes te braai vir die volgende keer wat jy jou skoon ma will wys wie is baas in die kombuis. 

Klap ’n blokkie botter in ‘n warm pan en maak seker dat hy mooi gesmelt is. 

Sny jou perskes in die helfte en haal die pit mooi uit. 

Nou piets jy die perske halftes in jou pan of op ‘n lekker braai grid. 

Braai hom tot hy lekker bruin en caramelised is. 

Haal hulle van die hitte af en wag dat dit ‘n bietjie koel word. Jy wil nou nie jou bek brand nie. 

Terwyl jy wag vir die perskes om te rus gaan jy die vulsel maak. 

Gooi ‘n bakkie Mascarponekaas in ‘n meng bak en klits hom lekker met ‘n paar druppels vanilla extract. 

Klap dan ‘n lekker lepel vol kaas in die holte van jou gebraaide perskes en kyk hoe drool jou skoon ma al klaar. 

Nou kan jy wild gaan met enige versierings soos strawberries, neute of heuning. 

En daar vat hy boys, jou slaai saam jou braai.