Episode 10

Steak Slaai:

Bestandele:
  • Eie
  • Cherry tamaties
  • Mushrooms
  • Olive oil
  • Steak
  • Strawberry
  • Bean Sprouts

 Steak in ’n pan:

  • Sit jou pan lekker op die vuur of stoof, en olie hom goed met sobietjie Olyfolie.
  • Sprinkel nou jou steak met growe sout en gooi hom in die pan.
  • Breek dan n paar los stukkies rosemary af, en gooi dit saam met die steak in die pan. Maak ook sekker dat jou pan die heeltyd geolie bly en nie droog brand nie.
  • Nadat jou steak nou goed gebraai het aan al sy kante, gooi 2 theelepels botter by en vang dan sommer daai theelepel wat jy gebruik het vir die botter en skep die gesmelde botter en rosemary stroie op en strooi dit goed oor jou hele steak ’n paar keer.
  • Haal jou steak af nadat hy hom gebraai het soos jy van hom laaik. Laat die ou bees dan rus vir ’n ruk op jou snybord terwyl jy die slaai aanmekaar slaan.

 

  • Slaai:
  • Boys om ’n slaai te maak is nou nie rocket science nie, Kap al jou blaare en goedertjies lekker op in skywe en reghoeke en goed en dan sit jy dit mooi uit op ’n bord. Pak eerste jou blaare mengsel uit en dan gooi jy die starwberries, eie, mushrooms en cherry tamaties.
  • Laastens sny jou steak in skywe en pak dit uit bo-op al jou groenighede, en dan van jy so halwe hand vol bean sprouts en gooi dit oor die hele storie.